Ons Erdwurmaanleg

January 5th, 2012

Ons het ‘n hele klomp nuwe handlangers op die plaas: ontmoet asseblief die Babylonstoren erdwurm span!

Ons wurmpies is ‘n uitheemse erdwurm genaamd Eisenia Fetida, wat doeltreffend kombuisafval of plantmateriaal tot baie ryk kompos kan afbreek. Die erdwurms gaan eers vermeerder word in die bande om ‘n goeie populasie op te bou vir die kompostering van ons kombuisafval wat  in windrye gepak gaan word. Ons het ‘n eksperimentele windry area gebou soos op die foto te sien.

Die wurms is spesifiek tot wat hul benut en daar is tans twee dromme by die kantien, restaurant, glashuisarea en broodarea geplaas waarin kombuisafval gegooi gaan word vir die algemene komposhoop en dan die erdwurmkomposhoop.

Comments

  1. […] het n wurmkomposteringsproses begin so vyf maande terug , waar handevol erdwurm Eisenia Fetida in ons gesorteerde kombuisafval geplaas was, met die idee […]

Leave a Response