Slakke, Aarbeie & Bier

November 28th, 2011

One of the students helping out in our garden has written in Afrikaans about her tussle with slugs in the Babylonstoren strawberry patch. Take it away, Lara!

In ons aarbei oorlog met die slakke het ons gevind dat die bierlokvalle by die aarbeie het positiewe uitkomste gelewer. Bierblikkies is gesny, met bier gevul en verskeie plekke in die bedding in die grond gesit met die doel om slakke daarheen te lok, weg van die aarbeie af. Dit is bekend dat slakke, soos baie ander van Suid-Afrikanerboepensmannetjies, se gunsteling drankie bier is.

Ons het Vrydag 2 slakke in die bier gekry, en dan (ag, tog!) ook twee piepklein muisies wat hulself ook verlustig het, beslis belowend!

Daar is ook ander tegnieke wat ook gebruik word, bv: hand uitdunning, beheer met natuurlike predatore, koperbeligting… die opsies hou nie op nie, en daar is nog hoop vir ons aarbei oes.

Leave a Response