The Potjiekos champs!

October 4th, 2011

Over the weekend Team Babylonstoren – represented by our farm manager Hannes, and Suzanne, the wife of our winemaker,  Charl – took part in a Potjiekos Competition  at Windmeul Kelder.  The theme of the competition was Waterblommetjies, for which we seem to be able to find many a use (see here). Our team clearly know what to do with a potjie and fresh Cape Pondweed, because we won the competition!

Now, both Waterblommetjies and Potjiekos are both longstanding Afrikaans traditions, and we’re sure many of our readers are dying to know the secret of our Waterblommetjie Potjie recipe, so here it is (in Afrikaans!):

Have a nice day! / Lekker dag!

Waterblommetjie pot met potbrood

Bestanddele: Uie; lieslap; skaapribbetjie; spek;klein aartappels;  waterblomme; wyn; water; suurlemoen; pepper en suurlemoenpeper.

  1. Braai uie , spek en vleis saam met wyn en bietjie water tot vleis sag en lymerig  is.
  2. Voeg geduurende gaarmaakproses van vleis sap van 2 suurlemoene by asook sout en peper.
  3. Sodra vleis sag is voeg dan artappels en waterblomme by.
  4. Voeg nog wyn , klein bietjie water, suurlemoenpepper en sap van 2 suurlemoene by.
  5. Kook tot waterblomme sag is , maar nie pap nie.
  6. Bedien op rys saam met goeie wyn.

 

Potbrood in ‘n regte pot

Bestanddele: 1.5kg brooddeeg (koop dit sommer by die naaste kruidenierswinkel of  gebruik jou eie staatmaker resep); 200g knoffelbotter

  1.  Neem ‘n platboom swartpot en smeer dit met botter uit of spuit met kleefwerende middel.
  2. Hou die knoffelbotter by kamertemperatuur sodat dit lekker smeerbaar is.
  3. Breek stukkies brooddeeg af, en rol in eiergrootte balle.  Smeer elke bal met knoffelotter en plaas al die balle in die boom van diie pot.  Dit is belangsrik dat daar net een lag balle is.
  4. Sit die deksel op en laat rys die deeg in die pot naby die vuur (of ‘n warm plek) vir omtrent ‘n uur.
  5. Bak dan die brood in die pot op kole (op ‘n driebeenstaander) vir ‘n uur.  Dit is belangrik om 2 of 3 kole op die pot se deksel ook te sit, sodat die deeg bruin word van bo af ook.
  6. Dop die brood uit die pot en bedien.  Breek stukke brood af en bedien saam met plaasbotter, tuisgemaakte konfyt en gerasperde kaas!
  7. Belangrikste bestandeel   –  potmaker!  Sorg dat hy  nie droogly nie anders brand die pot aan!!!

 

Comments

  1. Kelly Berman says:

    Congrats Team Babylonstoren!! I’ve been eyeing waterblommetjies at Pick n Pay and now I have a good idea of how to use them…

  2. Jacques says:

    More more… wat van n brooddeeg se resep? Dalk iets volgraan en gesond?
    Ons het n heerlike kuier daar by julle gehad.
    Groete

  3. Pieter says:

    By stap 2 van die resep word sap van twee suurlemoene ingegooi, en by stap 4 weer nog twee suurlemoene sin. Het hulle regtig met soveel suurlemoensap gewen, of Is dit nie dalk ‘n bietjie dik vir ‘n daler nie?

    • Nicola says:

      Dis is nogal baie. Dit hang seker af hoe baie vleis mens gebruik. Begin dalk by twee suurlemoene en proe of daar meer nodig is. Intussen vind ek by die potmakers uit wat die korrekte hoeveelheid is. Dis moontlik ‘n fout. Plaasgroete.

    • Nicola says:

      Pieter, die wenspan het laat weet dat dit juis die suurlemoen was wat die wenpot gemaak het!

Leave a Response