Wat gebeur in Oktober?

September 26th, 2024

Lentedrome 

Elke jaar in Oktober weerklink die woorde van die digter C. Louis Leipoldt (1880–1947) in ons ore – dit is waarlik die mooiste, mooiste maand. Kom beleef dit saam met ons. Die maand is nou ook sinoniem met Tuindag – moet dit nie misloop nie! Saam met die warmer weer neem die bedrywighede in die tuin toe – veral dié van die Kaapse heuningby. Babylonstoren se entomoloog, Arné Stander, is een van dié insek se grootste bewonderaars en sy entoesiasme is aansteeklik. 

Vier Tuindag 

Sluit op 20 Oktober by die Babylonstoren-span aan wanneer die tuin se hekke ter viering van Tuindag wyd oopgegooi word. Kom saam op ’n eksklusiewe tuinwandeling by sonsondergang, gevolg deur ’n lipleklekker braai by die Glaskas Restaurant. By ons eksklusiewe Tuindag-werkswinkels sal die tuinspan jou leer hoe om met fynbos en groenigheid uit die tuin ’n blomkroon te vleg. Daar is beperkte plekke beskikbaar, so maak seker jy bespreek betyds. 

Trek ’n stoel nader … 

As jy nog altyd gewens het jy kon ’n stukkie van Babylonstoren se tuin saamneem huis toe, dan is jou kans nou hier. Op ons nuwe tafeldoek van suiwer wit linne is die tuin in wit uitgeborduur – ’n ware versamelaarstuk wat nog vir vele generasies gebruik sal kan word. Só kom Babylonstoren se tuin tot in jou eetkamer – as inspirasie vir sinvolle gesprek en saamwees rondom ’n tafel. 

“Die idee met die ontwerp was om die sensoriese ervaring van stap deur die tuin vas te vang, om die tuin met al die sintuie te ervaar – van die grond onder jou voete tot die kruiegeure wat in die lug hang, alles saamgevat in ’n tapisserie van tekstuur.” – Sanet Fau Stegmann , Kunstenaar & ontwerper.

Kyk hier.

Klink! 

Kom les jou dors! As jy in Oktober enige ses bottels wyn of vier bottels alkoholvrye drankies koop, kry jy die goedkoopste een gratis. Dis die heel beste manier om voorsorg te maak vir die somer. 

Wennerwyne 

Babylonstoren se wyne is onlangs weereens bekroon – die bewys van dít wat wynliefhebbers regoor die wêreld al lank weet. Ons pronkrooiwyn, Nebukadnesar 2022, is aangewys as een van die beste Bordeaux-versnitte in Suid-Afrika. Dit het in die onlangse Cape Bordeaux Red Blend Report (deur Winemag) nie minder nie as 95 punte verwerf. 

Terselfdertyd het Babylonstoren se geliefde Cap Classique, Sprankel 2018, met goud weggestap by die hoog aangeskrewe 2024 Concours Mondial de Bruxelles wat vroeër vanjaar in Sardinië gehou is. Dit kom eintlik nie as ’n groot verrassing nie, want hierdie wyn het vyf sterre van Platter ontvang, en is ook as sy beste Cap Classique vir 2024 aangewys. Kom ons klink ’n glasie op hierdie prestasies!   

Koop ons wyn. 

Susterlandgoedere 

By Babylonstoren is ons baie trots op die verbintenisse wat ons met landgoedere in ander lande het. In Engeland is daar The Newt in Somerset, ’n werkende plaas met indrukwekkende tuine, woude en appelboorde wat wag om ontdek te word. En teen Italië se Chianti-heuwels lê die organiese plaas, Vignamaggio, met ’n geskiedenis wat tot in 1404 terugstrek. Hierdie plaas se 400 hektaar is onder wingerde, olyfboorde, groentetuine en vrugteboorde. 

Beoog jy dalk ’n besoek aan die land van windmeule, tulpe en stroopwafels? By die Over-Amstel Boerderij in Nederland wag ’n nuwe ervaring op besoekers. Over-Amstel lê langs die Amstelrivier in die Duivendrechtse Polder. Die plaas is in 1894 gebou maar is onlangs pragtig gerestoureer. Over-Amstel Boerderij is ook ’n werkende plaas waar besoekers dít wat die omgewing bied ten volle kan geniet.  

Loer in by Over-Amstel. 

Maak seker jy bly by met die nuutste nuus en spesiale aanbiedinge – teken in op ons nuusbrief en ons stuur die beste van die week reguit na jou inboks. 

Werkswinkels in Oktober  

1 Oktober – Grow your own seasonal vegetables 
2 Oktober – Craft your own homemade soaps 
4 Oktober – Bake your own: make butter & buttermilk scones 
9 Oktober – Discover the secrets of traditional Italian balsamic vinegar 
10 Oktober – Taste of spring: Grandma’s green fig preserve 
15 Oktober – Garden Day: create your own flower crown 
16 Oktober – Discover the secret life of bees 
17 Oktober – Garden Day: create your own flower crown  
19 Oktober – Plant your own heritage food orchards and veggie garden 
20 Oktober – Garden Day: Flame to fork & sunset walk 
18 Oktober – Distillation: make your own witblits & craft a gin 
23 Oktober – Discover the healing powers of herbs 
24 Oktober – Pasta from scratch with olive pesto 
25 Oktober – Traditional needlework: the basics of colourful quilting 
29 Oktober – Plant your own heritage food orchards and veggie garden 
30 Oktober – Discover the secret life of bees 

Bespreek jou plek nou.

Comments are closed.