WAT GEBEUR IN NOVEMBER?

October 27th, 2026

Geskenke uit die tuin

Ons gunstelingtyd van die jaar is amper hier! Soos wat die plaas haar vere vir die feestyd regskud, sien ons al hoe meer uit na die partytjies, luilekker middagetes en vrolike samesyn wat voorlê. Ons feestema, A Garden of Gifts, kry nou gestalte in die Plaaswinkels. Kom maak ’n draai by ons spesiale opwipwinkel in die Geskenkkamer, waar jy ’n verskeidenheid Kersitems sal vind, van handgemaakte Kersversierings en kerse vir feestafels tot uithalerwyne uit ons kelder, spensgunstelinge en pragtige geskenkidees vir elke smaak en sak. As jy in Gauteng is, kan jy ook by ons feestelike opwipwinkel in die Mall of Africa in Midrand kom inloer vir inspirasie.

Pluimpies vir die plaas

Ons het sommer baie om oor fees te vier hier op die plaas! Ons geliefde Babel Restaurant is by die 2026 World Culinary Awards as Afrika se beste plaas-tot-tafel-restaurant aangewys. Dit is ’n groot eer, nie net vir ons toegewyde span by Babel nie, maar ook vir die produsente, bakkers en slagters wat nou met hulle saamwerk om die plaas se allerbeste elke dag voor te sit. Babylonstoren se plaasgasvryheid is by die 2026 Luxe Hotel-toekennings met die titel Beste Plaashotel in Suid-Afrika bekroon terwyl ons sus langs die kus, BLOU in Keurbooms, aangewys is as die beste selfsorgakkommodasie. 

Bly ’n bietjie langer

Babylonstoren is in die 2026 Condé Nast Traveler Readers’ Choice Awards as Suid-Afrika se beste hotel aangewys! Kom ervaar dit self met ’n wegbreek van twee nagte op die plaas. Dié spesiale aanbod geld tot 30 November 2026. 

Word elke oggend wakker met ’n heerlike ontbyt, verken die plaas teen jou eie pas en geniet al die aktiwiteite wat by jou verblyf ingesluit is. Ons neem jou ook op ’n gratis rit na ons bergpoel, waar jy ure lank kan swem, ontspan en die asemrowende uitsig op die berge kan bewonder. 

Ons Garden in Bloom Escape is tot einde November beskikbaar. Dié aanbod sluit verblyf van minstens twee nagte in, met ontbyt by Babel, plaasaktiwiteite, ’n spesiale verwelkomingsgeskenk uit die Plaaswinkel en ’n tweegangaandete by Babel Restaurant vir elke gas. Jy kan op die laaste oggend ook later uitklok, indien beskikbaar. Besoek ons webwerf vir nog maniere om jou kuier op die plaas langer uit te rek. 

Someroorvloed op haar mooiste 

Op 5 Desember vier ons die oorvloedige someroeste met ’n seisoenale feesmaal – die perfekte manier om die feestyd in te lui.  Een langtafel, ’n geheime plek op die plaas, ’n keurige feesmaal met die allerbeste uit eie bodem en uitsonderlike Babylonstoren-wyne. Dié intieme, uitsonderlike geleentheid vind net een keer per seisoen plaas. Bespreek jou plek aan hierdie onvergeetlike tafel. 

Ons oes goud!

Van die plaasgrond tot op die tafel – ons is ongelooflik trots op en dankbaar vir al die liefde, sorg en aandag aan detail waarmee Babylonstoren se produkte gemaak word. Die kroonjuweel van ons wynkelder, Sprankel Cap Classique, het sommer twee goue medaljes by die Amorim Cap Classique-toekennings ingepalm. Die Sprankel 2021 het goud in die Blanc de Blanc-kategorie verower, en die Sprankel 2020 in die Brut Blend-kategorie – voorwaar ’n uitsonderlike prestasie! Ons olyfolies het ook goud losgeslaan: sowel ons versnit van ekstra suiwer olyfolie as die Coratina-enkelkultivar is by die SA Olive Awards met goud bekroon. Ons is verheug oor dié erkenning vir die toewyding en vakmanskap wat in elke bottel ingaan. 

By die gesogte Veritas-toekennings het Babylonstoren boonop drie dubbelgoue medaljes verower – vir Sprankel 2021, Nebukadnesar 2024 en Babel 2025. Dit is ’n trotse oomblik vir ons wynmaakspan! Om die feesvreugde te kroon, het ons blommekind, Mourvèdre Rosé, haar eerste goud by Veritas verower. 

Van Toskane tot op ons tafel

Ons bring die geure en geselligheid van Toskane na die plaas! Sjef Federico Lucii van ons susterlandgoed, Vignamaggio in Toskane, kom by die Ou Bakkery kuier. Op 17 en 20 November sal hy saam met ons eie span ’n Italiaanse feesmaal van formaat voorsit. Bespreek jou plek aan tafel.

Somer, son en sonskyn

Die eerste tekens van die somer is oral op die plaas te sien, met vroeë perskes en pruime wat ryp aan die bome hang. Noem-noems, bloubessies, frambose en aarbeie dra verder by tot die seisoen se oorvloed. Roosmalvas en kamille vul die tuin met hul heerlike geure, terwyl outydse teerose in die mooiste kleurskakerings in ons tonnels pronk – met welige blomkoppe en ’n bedwelmende geur. Bewonder die indrukwekkende bonsai-versameling in die Pofadder-tonnel, waar ook inheemse boomsoorte te sien is. Dié miniatuurboompies is beslis die moeite werd om van naderby te bekyk.

Besige bytjies

Die inwoners van ons Byzantium doen hul reputasie as vlytige werkers gestand. Wandel deur die Moestuin en ontdek hul fassinerende wêreld in ons tempel vir bye. Hier leer jy meer oor die onmisbare rol wat hierdie ywerige bestuiwers in die tuin speel.

BabylonSTORIES

Volg ons maandelikse videopotgooi, BabylonSTORIES, waarin die mense agter Babylonstoren hul kennis, vaardighede en plaasstories deel. Van die tuine en boorde tot die kombuise en wynkelder – ontdek die talle mense wie se handewerk, kundigheid en toewyding Babylonstoren so besonders maak. Kyk of luister op die Babylonstoren-toepassing, YouTube, Spotify of Apple Podcasts.

WERKSWINKELS IN NOVEMBER

Van  Kersversierings maak en bak tot tuinmaak, ystersmeewerk en houtwerk – ons werkswinkels bied hope geleenthede om jou kreatiwiteit uit te leef en jou hart te volg. ’n Werkswinkel is ook ’n unieke geskenk vir iemand wat daarvan hou om nuwe vaardighede aan te leer en self hand aan die ploeg te slaan. Stap saam met jou gesin die Babylonstoren-koppie uit en sien die plaaswerf uit ’n ander hoek . 

BABYLONSTOREN

3 November – Naturally sweet: baking with honey 
4 November – Discover the secret life of bees 
7 November – Babylonstoren koppie family hike 
10 November – Discover the healing powers of herbs 
11 November – Birding at Babylonstoren 
17 November – Unlock the diversity of indigenous succulents 
18 November – Pruning pros: focus on fruit trees in summer 
24 November – Christmas décor from the garden 
25 November – Create a natural freshwater pond 
26 November – Christmas décor from the garden 
26 November – A Christmas bake story: festive favourites from mince pies to panettone

SOETMELKSVLEI

5 November – Heirloom tomatoes: bake your own galette with traditional butter pastry 
6 November – Nuts for pecans! Bake a pecan pie and carrot cake 
7 November – Blacksmithing: forge your own ladle 
12 November – Hey, Brew! Fruit and flower cordials and bush teas 
13 November – Baking with cheese 
14 November – Craft a traditional riempie camping chair 
19 November – Sun prints: create botanical blueprints 
20 November – Bake teatime treats with choux pastry and almond cake 
21 November – Bake your own savoury breads 
21 November – Make a wooden birdhouse for your garden 
27 November – Traditional needlework: the basics of colourful quilting 
28 November – Leathercraft: make your own leather belt 

Comments are closed.