Restaurants
Spa
Day Visits
Shop
Functions
16°C
November 26th, 2026
Vier die sonnige dae, doen jou feestydinkopies en klink ’n glasie op ons plek onder die wêreld se top-100-wynlandgoedere. Van tuinskatte tot plaaswerfpret – daar is hierdie Desember hope om saam met geliefdes te beleef.

Kom geniet die somer saam met ons! Bespreek tussen 1 en 15 Desember verblyf van twee nagte en geniet ’n tweegangaandete met ’n vaste spyskaart by Babel. Bly sommer ’n derde nag teen 30% afslag en geniet nóg meer tyd op die plaas.

’n Tikkie Babylonstoren in die hartjie van Johannesburg! Hierdie feestyd bring ons die plaas se gees na die voorportaal van die Four Seasons Hotel The Westcliff. Ontspan met ’n skemerkelkie of mengeldrankie met geure van die plaas – ’n verfrissende voorsmakie van die plaaslewe in die stad.

Van geskenke wat met sorg gekies is tot feestelike maaltye – by Babylonstoren is alles gereed vir die feestyd! Ontdek die mooiste geskenke by ons feestelike opwipwinkel in die Geskenkkamer. Dis tot 24 Desember elke dag oop, en jy kan ook jou voorraad vars plaasprodukte, bakkerylekkernye en nog vele meer by die Plaaswinkels of aanlyn aanvul.

’n Feesmaal sonder die gesukkel! Kosstilis Inemari Rabie deel haar wenke op BabylonSTORIES. Kyk of luister op ons toep, YouTube, Spotify of Apple Podcasts.
Babylonstoren is as die oorsese streekwenner in die RHS Partner Garden of the Year-kompetisie aangewys – ons is natuurlik hoogs in ons noppies. Die toekenning getuig van ons uitmuntende tuiniers se harde werk.

Hou klein handjies hierdie feestyd besig met speletjies, handwerk, bak en skattejagte op Soetmelksvlei! Kom geniet van 8 Desember tot 10 Januarie elke dag van die week ouderwetse plaaspret. Jy hoef nie vooraf plek vir die miniwerkswinkels te bespreek nie – betaal sommer wanneer jy opdaag. Wie eerste kom, kry eerste ’n plek!

Ontmoet Rietvlei se saggeaarde waterbuffels van naderby tydens ’n prettige plaasavontuur vir die hele gesin! Kyk hoe die buffels soggens gemelk word, bottelvoer ’n kalfie en smul aan heerlike suiwellekkernye. Gesinstoere vind op Dinsdae en Donderdae plaas, met plek vir tot 10 gaste per toer. Bespreek aanlyn om jou plek te verseker.

Van die Kaap tot Keurbooms, die Engelse platteland, die Duivendrechtse Polder by Amsterdam en die heuwels van Toskane – ons susterlandgoedere vier die feestyd elkeen op hul eie besondere manier.
Werkswinkels in Desember
Babylonstoren
1, 3, 8 & 10 December – Christmas decor from the garden
2 December – Grow your own edible and cut flowers
5 December – A Christmas bake story
10 December – Hands-on pasta-making in the evening
11 December – Creating a Christmas occasion
12 December – Bake & decorate Christmas biscuits (kids aged 6–12)
15 December – Babylonstoren koppie family hike
15 December – Grow your own veggies (kids aged 8–12)
16 December – Little foodies: mozzarella & pizza
17 December – Lavender & essential oils
18 December – Bake Christmas gifts & decor
Soetmelksvlei
3 December – Cape food: traditional bobotie with seasonal chutney
4 December – Pickle & preserve the season’s abundance
10 December – Sun prints at Soetmelksvlei