Wurmkompostering

April 30th, 2012

Ons het n wurmkomposteringsproses begin so vyf maande terug . Handevol erdwurm Eisenia Fetida was in ons gesorteerde kombuisafval geplaas, met die idee om baie waardevolle kompos te maak. En nou is ons bly om te sê dat ons die “vrugte” – ons eie wurmkompos – uiteindelik kan pluk.

Ons kombuisafval is in die vorm van windrye neergelê met dakkies vir koelte, en daarna die klaargemaakte kompos is in kleiner hope gemaak om die wurms van die kompos te kan skei.

Herwonne papier by die teetuin word ook gebruik om kompos te maak.

Hier wys Pieter Pieterse ’n mangopit wat begin ontkiem en sommer sterk begin groei het in die vrugbare komposhoop.

Leave a Response